Thursday, February 16, 2017

Japie se Kinders


Japie se Kinders

 

Japie het lekker gerus en is nou weer lus vir werk! Japie het vir lang ure aanmekaar niks gedoen nie, sodat sy ou lyfie lekker kon rus!

 

Japie het baie gedink en gewonder terwyl hy gerus het, want hy is so lus om weer ‘n groot werk hierdie jaar te doen en om baie behoeftige mense te help.

 

Hy het met oom Johannes gepraat (Oom Johannes is mos sy pa en hy bly in die motorhuis by oom Johannes). Japie het vir oom Johannes vertel dat hy WEER SO GRAAG ietsie spesiaal vir doen. Oom Johannes het vir almal by die klub vertel.

 

Een dag het tannie Mariëtte gehoor van KOS VIR KINDERS en sy het vir oom Johannes en al die klublede vertel. Almal was baie opgewonde en toe besluit hulle dat dit ‘n goeie plan is dat Japie sal help om kos, klere en skoolbenodighede vir die behoeftige kinders in te samel. Toe Japie dit hoor, was hy baie opgewonde!

 

Die ooms by die klub het nog ‘n lekker plan ook gemaak!

Hulle gaan ‘n sleepwa vir Japie maak! Oom Deon van KOZEN gaan drie mooi kratte maak en al die gawe mense kan die goedjies vir die behoeftige kinders daarin sit. Oom Enrico Truter van KOS VIR KINDERS sal dit weer by Japie kom haal om aan die kinders uit te deel. Oom Enrico sê dat hulle hulle beste doen om vir die kinders wat nie kos het nie, gesonde kos te gee, maar dis moeilik, want kos is duur en kinders groei en daarom moet hulle baie eet. Hulle gee ook klere en skoolbenodighede wanneer die kinders nie het nie. Anders kan die kinders nie leer en slim word nie.

 

Japie voel sommer baie bly dat oom Johannes vir hom genoeg kos gee en dat sy bersie nog baie mooi pas!

 

Hy sal so bly wees as die kinders klere en skoolklere het wat ook mooi pas. Wanneer kinders mooi aangetrek is en genoeg kos in hulle magies het, is hulle sommer gelukkiger kinders!

 

Oom Enrico sê dat hulle baie kinders raakloop wat nie kos en skoolbehoeftes het nie. Dan het daardie kinders ook nog nie genoeg klere nie. Kinders groei en eet mos aaaaanmekaaar!!!! Dan is hulle klere kort-kort te klein en hulle magies grom. Siestog, dit moet erg wees as jou klere te klein is. Japie is seker dit maak seer. Japie is seker honger maak jou moeg.

 

Japie het sommer gou-gou mense gekry wat ook baie opgewonde is oor die nuwe werk wat hy gekies het. Hulle het hom genooi om by hulle basaar te kom kuier.

 

Hy gaan Saterdag, 4 Maart 2017, by die NG Kerk Kuilsrivier Suid kuier en dan gaan hy die kratte saamneem. Hy is seker die mense gaan kom kyk hoe mooi hy lyk, met sy kombers! Dan sal hulle een of ander tyd vir hom help sodat die kinders gehelp kan word.

 

Daar gaan nog van sy maats wees, die veteraan trekkers wat aan die ooms by die klub behoort. Japie is baie trots op sy maats, hulle kyk baie mooi na hom en help hom met sy werk. Die mense kom graag na hulle ook kyk, al het hulle nie komberse nie. Die trekkers sê hulle werk te hard om komberse te hê, hulle is einlik nog flink. Maar Japie wonder partymaal of hulle nie ook maar bietjie moeg raak en koud kry nie! Gelukkig kyk nie ooms mooi na hulle.

 

Julle moet asseblief vir almal vertel van Japie se nuwe werk wat hy gekies het. Dan sal al die mense vir hom help, sodat oom Enrico die kinders kan kos gee en help met klere en skoolbenodighede.

 

Julle kan vir tannie Mariëtte ‘n boodskap stuur. Japie weet nie hoe die WhatsApp en e-pos dinge werk nie, maar tannie Mariëtte sê sy kry die boodskappe. Om vir haar ‘n WhatsApp te stuur moet julle die nommer 082 670 7637 gebruik. Vir ‘n e-pos moet julle tafelberghc@gmail.com gebruik. Japie verstaan nie hoe die lettertjies deur die lug trek nie, maar tannie Mariëtte sê dit werk. Hy glo haar.

 

Japie se lyfie word nou mooi blink gevryf, sodat hy mooi kan lyk terwyl hy werk. Hy gaan vir julle wag om met hom te kom gesels.

 

O ja! Lekker nuus is dat Japie in Augustus hierdie jaar (dis nog baaaaaaaie laaaaank) in Villiersdorp by die Wes-Kaap Veteraan Trekker- en Enjinklub se expo in die Klein Erfgoed saal gaan staan – met sy wa!! Oe dit gaan lekker wees! Dan gaan almal daar an hom kom kyk! En hulle gaan nog goed vir Kos vir Kinders bring! En Japie gaan nie koud kry nie, want hy gaan sy eie JAPIE BERSIE aantrek en BAIE MOOI lyk!!

 

Maar eers al die ander plekke en dinge om vir die kinders te help! Hou net dop, Japie sal almal laat weet wanneer hy op ‘n plek gaan kuier!

 

JAPIE IS LIEF VIR ALMAL!!
 
JApie het lekker gekuier (en gery!!!!)
 
Dit was sommer baie lekker by die uitstalling by die NG Kerk Kuilsrivier Suid.
 
Dis son het geskyn, die mense was vriendelik, Japie se maats was daar EN Japie het sommer saam met sy maats 'n entjie gaan ry.
 
Dit was so bietjie warm vir Japie in die son, met sy Bersie aan, maar gelukkig gee hy nie om nie. Hy sal enige tyd warm kry om vir sy Kinders ietsie in te samel.
 
Die mense van die kerk is wonderlik!!!! Hulle het sommer twee sakke vol klere en nog kos ook geskenk vir die Kos vir Kinders projek. Oom Enrico gaan baie opgewonde wees.
 
Japie het sommer baie goed gevoel dat hy sommer met die eerste uitstalling al vir sy kinders ietsie bymekaar kon maak.
 
Hy het vir Karel gevra om 'n mooi foto van hom te neem. Julle moet mooi kyk hoe mooi hy lyk, uitgerus en opgewonde om hierdie jaar te werk - en saam met sy maats in optogte te ry.
 
 

 
Oom Gert Lerm het ook saamgery op die wa. Hy het spesiaal gekom om saam te kuier, Japie was baie bly om hom en al die ander oom en tannies te sien, hy het al na hulle verlang omdat hy hulle lank terug gesien het.
 
Luhann Botha is 'n jong man met lekker baie energie. Hy het Japie gehelp om in die optog te ry. Japie was eers bietjie senuweeagtig, maar toe ry hy al te lekker. Japie hou sommer baie van Luhann.
 
Julle moet dophou! Japie sal gou -gou laat weet wanneer hy weer êrens gaan wees om vir sy kinders kos, klere en skoolbenodighede in te samel.
 
Kyk mooi na julle self, Japie en oom Johannes sal mooi vir Japie op pas.
 
 Japie gaan by De Eike NG Kerk kuier

Op Saterdag 27 Mei 2017 gaan Japie (en sy groot krat) by De Eike NK Kerk, Pionierstraat, Kuilsrivier kuier.
 
Dis 'n belangrike geleentheid, aangesien Japie dan nog mense gaan vertel van die Kos vir Kinders projek EN sy vriende gaan die besoekers rondry op 'n wa! Daar gaan ook nog 'n ou weermag voertuig ook wees, oom Altus gaan die mense met hom rondry.  Japie is te besig met die werk wat hy doen, hy dink nie hy sal kan saamry nie, maar hy vertrou sy maats om die mense veilig te vervoer.
 
Japie wil graag almal nooi om vroeg al te kom en saam te kuier. Daar gaan lekker eetgoed wees (njam) en lekker geselskap en lekker dinge om te doen en lekker alles.
 
Ons gaan sommer die hele basaar en die dorp opkikker en Japie vra dat almal wat wil, kan nie bederfbare kos, klere en skoolbehoeftes bring om in die krat te sit.
 
Baie dankie vir almal wat reeds bygedra het, daar is sommer heelwat wat die kinders al kan gebruik, Japie is trots op al die mense wat so help. Kinders kan nie vir hulle self sorg nie, daarom is ons so bly dat al die groot mense help om die kinders se magies vol te hou en hulle lyfies warm te hou.
 
Japie sien uit daarna om julle by die basaar te ontmoet, kom neem 'n foto van julle by die enigste trekkertjie in die wêreld wat sy eie kombers het!
 
 
Kyk mooi na julle self,
maak seker julle kyk na die kinders
en SPAAR WATER!!
 
O JA!!!!Oja!! O JA!!!

Tannie Louwina het vir Japie 'n goot geskenk gegee!

Tannie Louwina, van Pennies en Ponde, Kuilsrivier (agter in Magdels Materiale), het gesien Japie sukkel om sy kombers mooi netjies te hou wanneer hy dit nie gebuik nie. Sy het 'n spesiale tas vir hom gegee om sy kombers in te bêre, sodat dit nie vuil word nie! Japie is so ooooppppgggeeewwoooonnnddddeeee!!!!!!

Hy gaan nog 'n foto laat neem en hier laat posit, sodat almal kan sien hoe mooi die tas is, julle moet almal kyk. Japie gaan die tas spesiaal saamneem oral waarheen hy gaan. Dan kan hy sy goedjies mooi bymekaar hou.

Dankie tannie Louwina, jy is baie gaaf, Japie is LIEF VIR JOU

Nou dink Japie, as daar mense is wat ou skooltasse het wat nie meer gebruik word nie, kan hulle dit ook vir die Kos vir Kinders projek skenk, dan kan die kinders ook hulle skoolgoed in tasse hou!!!

Nou is Japie OPGEWONDE !!  JIPPIEEEEEEEEE!!!!!

Dis WINTER en baie KOUD!

Japie is baie bekommerd, daarom het hy begin planne maak. Japie is bekend daarvoor dat hy allerhande planne kan maak om mense te help. Dis omdat hy so dankbaar is dat oom Johannes en oom Danie hom weer so mooi reggemaak het en so mooi na hom kyk.

DIE PLAN:

Verlede jaar het Japie by Brackenfell se biblioteek vir die mense gaan wys hoe mooi hy is en hoe graag hy altyd almal wil help. Dit was 'n groot storie en baie drama! Julle sal seker onthou, oom Danie moes tot die deure afhaal sodat Japie by die deur kon in ry! MAAR nou weet ALMAL hoe mooi Japie is!!

Hierdie jaar gaan Japie net sy bersie stuur, hy gaan solank mooi maak om na die expo in Villiersdorp toe te gaan in Augustus. Dis reg, Japie gaan self na die expo toe gaan, hy gaan in die Klein Erfgoed saal wees, met sy bersie! Hy gaan baie mooi lyk en almal vertel van Kos vir Kinders. Vir twee dae, 11 en 12 Augustus gaan Japie net SPOG!!

Maar eers: Japie se bersie gaan vanaf 1 Julie vir 'n lekker lang ruk by die Brackenfell Biblioteek wees. Die gawe tannies daar gaan die bersie mooi oppas en Japie gaan daar vir al die mense wat wil kom boeke uitneem, vertel van die kinders wat so baie hulp nodig het. Dis baie koud en dan raak kinders sommer baie honger en kry maklik koud.

Kinders wat honger is het baie probleme, hulle kan nie leer nie, hulle raak gou siek en hulle doen partymaal verkeerde dinge, net sodat hulle kos kan kry. Japie wens almal sal help om die kinders te help.

Japie gaan sy tas saam neem, dis nou die tas wat tannie Louwina vir hom gegee het. In daardie tas kan mense allerhande goed sit vir die kinders, of hulle kan dit vir die biblioteek tannies gee, of hulle kan tannie Mariëtte bel of WhatsApp of hulle kan oom Enricho whatsApp.

Japie het gevra dat almal moet kom kyk hoe mooi hy sy bersie opgepas het! Hy hoop almal wat bersies het, pas hulle bersies ook so mooi op! Jy kan sommer jou foto ook daar laat neem, jy sal baie mooi lyk.







Japie stuur net solank 'n foto van hoe sy bersie lyk, sodat almal wat biblioteek toe gaan sal weet hoe sy bersie lyk.


 
Dis die TAS!!! Tannie Louwina het die tas gegee en sy het die mooiste lappie gemaak sodat almal kan weet dat dit Japie se tas is!!!
Dankie tannie Louwina, Japie is lief vir Tannie!
 
 
 
 
BY DIE BIBLIOTEEK in BRACKENFELL 
BY DIE VENSTER!
 
Japie se kombers en sy tas wag daar vir almal om te kom kyk en ietsie te bring vir die kinders wat hulp nodig het. Groot asseblief!
Oom Enrico het die mooiste plakkaat gegee om vir almal te wys dat die kinders deur hulle gehelp word.
 
 

Japie het spesiaal sy kombers so mooi laat hang sodat almal kan weet dis hy wat so graag die kinders wil help en daarom al die mense se hulp nodig het om items te bring. Julle kan dit in die tas sit, of vir die vriendelike tannies en ooms wat in die biblioteek werk gee.
 
Japie sê solank baie dankie vir al die vriendelike mense. Hy is lief vir almal.


 
 


No comments:

Post a Comment