Tuesday, October 25, 2016

Japie se Bersie


Japie se Bersie


Japie is ‘n Vaaljapie trekkertjie wat oud, baie siek en verwaarloos was. Japie se pa, Johannes, het hom na iemand geneem om hom gesond te maak. Die man, Danie, het allerhande dinge gekry wat met Japie verkeerd was en het dadelik begin om Japie uitmekaar te haal, sodat hy die gesonde parte kan kry om Japie gesond te maak. Al die dele wat stukkend was en nie meer gewerk het nie,  is uitgehaal en ander parte is ingesit. Die parte was nie almal splinternuut nie, maar almal het weer gewerk! Danie het baie hard gewerk, maar nou is Japie weer ‘n gelukkige en gesonde trekkertjie. Japie het sommer lief geraak vir Danie.


 Japie is ook mooi oorgeverf en het sommer baie spoggerig gelyk. Japie het nog een probleem gehad, hy wou so graag weer lekker warm slaap, soos in sy jongdae, want ou trekkertjies kry maklik koud. Sy Pa Johannes het dit vir die gawe tannies van die Veteraan Trekker klub van sy probleem vertel. Die tannies het ‘n lekker plan gemaak! Die tannies het wol geneem en vir hom ‘n bersie gehekel en gebrei. Mooi blokkies van baie verskillende kleure wat lekker warm maak!!

Tog te mooi. Eers het Japie gewonder wat om vir die ander trekkers te sê as hulle hom gaan uitvra oor sy bersie, want dis nie regtig die tipe dinge wat trekkers doen nie – hulle laat trek nie komberse oor hulle nie – hulle ploeg en plant en doen allerhande vuil werk. Japie is nie lus om weer so vuil en moeg te word nie. Hy bly nog steeds ‘n ou trekkertjie met baie ure se werk wat hy gedoen het toe hy nog die krag en lus daarvoor gehad het. Verder is hy baie trots op homself en hoe mooi hy nou lyk en hoe lekker hy voel!

Japie onthou toe van die storie van Josef se kleed in die Bybel. Daar is tot ‘n musiekblyspel gemaak oor die kleed, so hy kan mos vir almal vertel van die kleed en dan kan hy ook sê, die kleed wat hy nou het met die baie kleure deur so baie tannies en ooms, is ‘n kleed van liefde net vir hom!!


Japie en sy Bersie
Japie is nou ‘n baie gelukkige trekkertjie. Hy wil graag hê almal moet dit weet. Daarom het Japie gevra dat baie tannies en ooms moet asseblief help om blokkies te hekel en te brei sodat Japie Bersies gemaak kan word vir mense, oud en jonk, wat behoeftig is. Dan kan hulle almal die liefde van ‘n Japie Bersie om hulle voel wanneer hulle lekker kan rus. Japie het gewonder hoe hy die Japie Bersies by die behoeftige mense gaan kry. Toe kry hy ‘n blink plan en gaan kuier by die VLV. Die VLV tannies het gesê hulle sal vir hom help om die blokkies aan die regte organisasie te skenk, sodat daardie vriendelike mense hulle kan help om Japie Bersies te maak.

Al die blokkies vir die Japie Bersies moet asseblief met ‘double knit’ wol gemaak word. Die grootte hekelpenne wat gebruik word is 4mm en breipenne is 3.75 – 4.75mm. Die blokkies moet 20cm x 20cm wees. Werk asseblief al die stertjies in, die tannies sukkel om dit ook nog te doen en dan die komberse netjies klaar te maak vir die behoeftiges.

Japie hoop daar sal baie blokkies kom van almal wat wil help. Dis sal so lekker wees om daardie blokkies op die Veterane Expo, 5 – 7 Aug 2016, by Môreson Plaas, buite Malmesbury te ontvang. Daar gaan ons ‘n groot trekkerpatroon op die grond maak en dit vol blokkies pak, sodat die VLV se tannies dit vir die tannie van BADISA kan gaan gee. Die tannie van BADISA sal sorg dat almal wat Japie Bersies nodig het, lekker warm kan wees.

Almal wat wil help kan vir Mariëtte Krige kontak. Sy sal al die inligting gee. Haar selfoon nommer is 082 670 7637 en haar e-pos adres is p.krige@absamail.co.za of tafelberghc@gmail.com. Enige skenkings van geld en wol en blokkies is welkom!! Hoe meer kleure hoe beter!!



Die ander tannies wat gekontak kan word, is tannie Elmine Moller van die VLV, haar nommer is 072 265 8491 of haar e-pos is layalawn@eccsystems.co.za en tannie Anna-Marie  Bezuidenhout van BADISA, haar nommer is 083 708 2049 of haar e-pos adres is abezuidenhout@badisa.org.za.
Groete aan almal van ‘n baie gelukkige Japie die Vaaljapie.

Japie se Bersie vorder!!!!





Japie se Bersie is amper klaar!!




 
Japie is genooi om by die Brackenfell Biblioteek te gaan kuier.

Hy sien baie daarna uit! Daar gaan baie mense wees wat na hom gaan kyk en hy wil op sy beste lyk. 

Japie gaan die laaste week van Februarie by die biblioteek saam met almal wat na hom wil kom kyk kuier. Hy hoop baie mense gaan foto's van hom neem, hy hou van foto's neem want hy lyk nou sommer baie mooi.
 
Daarna...........
 
Japie gaan lekker fees hou!
 
TOEKAFEES:
Brackenfell Laerskool
27 Februarie 2016!!
Die hele dag gaan Japie met die mense gesels en lekker fees hou, dis die eerste keer dat Japie aan 'n fees gaan deelneem, hy is BAIE OPGEWONDE!!
 
Lekker nuus

Die goeie mense van RSG wil hê dat die tannie van Tafelberg Erfgoed Versamelaars op die radio vertel van al die blokkies wat Japie bymekaar wil maak om aan die behoeftige mense te skenk.
Op Dinsdag 23 Februarie 2016 tussen 10:00 en 11:00 gaan die tannie met die omroepers gesels.
Dan gaan almal wat luister weet van Japie!!! en sy Bersie!!! en al die blokkies!!!
Die tannie van BADISA gaan verduidelik wat hulle alles met die blokkies wat Japie bymekaarmaak gaan doen. Hulle het sommer baie planne.
 
 
JAPIE IS BAIE OPGEWONDE!!!
 
Tannie Elaine, van die Parow tak van VLV Tygerberg het ongeveer 3000 blokkies aan Japie geskenk vir sy Bersie Projek.

 

Julle weet net nie hoe lekker dit is om aan alles te dink wat met daardie blokkies gemaak kan word nie.

 
Nou wonder Japie, wie sal nog so baie blokkies kan hekel en brei?
 
Hy weet net dat al die tannies in die Kaap (en miskien die res van die land) is baie fluks, hy droom nou van hope en hope blokkies!
 

Hierdie is die mooi tannies van die Parow Tak, VLV Tygerberg
 
 
 
 
Japie is baie dankbaar dat daar soveel mense is wat omgee vir ander mense wat behoeftig is, hy is seker almal gaan baie gelukkig wees.
 
 


 


Die tannies van die VLV Tygerbergsirkel is baie gretig om te help blokkies bymekaarmaak. Julle kan enige van hulle kontak, hulle sal vir julle help om die blokkies vir Japie te gee.


 


BOTTELARY-KOELENHOF:      Helena Borcherds

                                                   079 498 8179

                                              helena@nuutgewek.co.za

BRACKENFELL:                         Bets van Biljon

                                                   082 547 1658

                                              betsvanbiljon@yahoo.com

DE LA HAYE:                             René Nel

                                              072 371 5247

                                                   rene.nel@mweb.co.za

DURBANVILLE:                        Ester de Bruyn

                                                  082 379 1182

                                             debruyn@lightmail.co.za

GOODWOOD:                         Wenda Preuss

                                                  082 255 1419

                                             skolliep2003@telkomsa.net

KRAAIFONTEIN:                      Emmie le Roux

                                                  073 201 3482

                                             emmie.leroux@gmail.com

KUILSRIVIER:                           Elmine Möller

                                                  072 265 8491

                                             layalawn@eccsystems.co.za

PANORAMA:                           Antoinette le Roux

                                                  083 236 8230

                                             pmloeroux@telkomsa.net

PAROW:                                   Maretha Bester

                                                  073 176 4300
                                             janmarbester@telkomsa.net
PAROW-OOS:                          Kobie Swanepoel
                                                  083 238 1013
                                              fraswa@webmail.co.za
STELLENBERG VV:                   Leonore Ward
                                                  083 675 0350
                                              lward@fedicsunit.co.za
WELGEMOED:                         Tuala Vorster
                                                  084 442 2233
                                             tuala42@gmail.com
 


Oe! oe! oe! oe! oe!


 

Japie kan nie meer ophou glimlag nie! Tannie Martelize van RSG het oor hom gesels met die vriendelike tannies van die trekkerklub en BADISA en nog ‘n baie spesiale tannie wat vir kindertjies sorg. Kindertjies wat nie huise en liefde gehad het nie, maar nou baie gelukkig is. Dis wat Japie se hartjie sommer baie gelukkig maak.


 




Japie wil nou vir almal vertel van die Brackenfell Biblioteek, dit is nou lekker!!!! Die man by die biblioteek het speisaal die deure afgehaal om hom te help om in die voorportaal te kan staan!!! Julle dit was lekker, want toe weet hy dat ander mense ook dink hy is spesiaal. Hy het sy kombers laat oorgooi en hoop tog dat baie mense ‘n foto van hom gaan neem en dat hulle blokkies gaan hekel en brei.









Japie ry by die biblioteek in 



 






Japie, baie trots in die biblioteek




 




Die blokkies wat klaar berei en gehekel is kan julle vir Japie stuur. Julle kan net die tannies van die VLV of BADISA of die trekkerklub kontak, hulle sal julle help om die blokkies by Japie te kry.


 

OF julle kan op die blog dophou, SHOPRITE se tannie gaan die inligting stuur by watter winkels pakkies ingehandig kan word vir Japie. Maak die blokkies in ‘n pakkie op, skryf duidelik op die pakkie “JAPIE SE BERSIE” en handig net by die toonbank in. Hulle stuur dit hoofkantoor toe in Brackenfell en daar sal die trekkerklub dit weer kry.

 

Mense, maar almal is so gaaf en help so graag! Japie is so dankbaar, hy weet nie wat om te doen om sy dankie nog beter te laat klink nie. Maar hy weet dat almal wat warm gaan kry en lekker gaan  slaap, gelukkig gaan wees.

 

So onthou as jy blokkies wil afgee:

Kyk op die lys hier  bo in die blog vir die VLV tannie naaste aan jou, (of enige ander een, hulle is almal baie gawe tannies) en kontak hulle vir inligting.

Kontak BADISA vir plekke om af te gee,

Maak ‘n pakkie en gee dit by 'n SHOPRITE winkel af, merk net baie duidelik die pakkie “JAPIE SE BERSIE”. Onthou die lys is aan die kom!!

Bel die trekkerklub se tannie of epos haar
 
Almal se kontakbesonderhede is reeds hier boontoe geskryf,

 
maak ‘n plan vir Japie

en Japie help maak iemand warm en gelukkig.

 

Japie kuier nog tot Vrydagmiddag 26 Februarie 2016 ongeveer 15:00 by Brackenfell Biblioteek

Japie ry self daarvandaan na Brackenfell Laerskool (gelukkig is dit nie te ver nie) om betyds te wees vir die

TOEKAFEES Saterdag 27 Februarie 2016. Japie vra mooi dat ALMAL moet kom kyk en hulle kameras bring om fotos te neem. Hy dink nie daar is nog ‘n trekker in die wêreld met so ‘n mooi kombers soos syne nie! O ja, die TOEKAFEES is ‘n lekker fees met ou karre, ‘n paar veteraan trekkers, JAPIE, ‘n paar veteraan enjins, en spesiale ou goedjies wat uitgestal word. EN moenie die kos vergeet nie, daardie mense kan lekker kos maak! Japie raak sommer honger, al eet hy nie eintlik daardie soort kos nie!

 

Daarna gaan Japie nog plekke kuier, julle moet die hele tyd die blog dophou, hy sal altyd die mense laat weet waar hy kuier.

 


 

Tafelberg Erfgoed Versamelaars is deel van die Wes-Kaap Veteraan Trekker- en Enjinklub en is die gasheerklub vir die expo. Hulle nooi graag almal uit om die naweek saam te kuier en bietjie nostalgie te ervaar.

 

Die belangrikste wat almal moet onthou is dat die blokkies moet klaar wees vir die Veteraan Expo in Augustus. (Kyk ondertoe, daar is die inligting). Daar gaan Japie al die blokkies vir die tannie van BADISA gee. Sy gaan so opgewonde wees, sy sal amper nie kan praat nie!! Want Japie weet daar gaan BAIE blokkies wees!!!!

 

COMPUTICKET se tannie het gesê die mense kan begin om kaartjies te koop om die expo by te woon, dan hoef hulle nie alles op een slag te betaal nie. Op COMPUTICKET se webblad kan julle net na die volgende woorde soek en julle behoort reg te kom, anders e-pos julle vir die Tafelberg Erfgoed Versamelaars, tafelberghc@gmail.com en hulle sal julle help. Die woorde is: veteraan, expo, Japie, Japie se Bersie, Tractors, Trekkers.

 

By die expo is daar baie dinge wat almal kan kom kyk en doen. Behalwe al die veteraan trekkers, -enjins en klein erfgoed, het die VLV Tygerbergsirkel ingestem om vir die dames (en mans) ‘n lekker geleentheid te skep waar 'n groot deel van die eertydse landbouskou ervaar kan word. O ja en baie stalletjies met die lekkerste kos en mooiste goed om te koop. (eet, drink, kuier, koop, gelukkig voel, lekker ervarings, ens, ens, ens,)

 
Japie sal later meer vertel oor die veteraan trekkers en enjins, want hy wag nog om te hoor watter van sy ou maters die expo sal kan bywoon. Nie al die ou trekkers en enjins is so gelukkig soos hy nie. Dit maak sy hartjie nogal seer.

 Baie belangrik vir almal wat veteraan en ou motors, bakkies en vragmotors het, wat mooi gemaak is en waarna ander mense graag wil kyk, julle moet asseblief Tafelberg Erfgoed Versamelaars, tafelberghc@gmail.com kontak, hulle wil julle nooi om julle motors uit te stal gedurende die expo.
EN
Indien jy dalk 'n besonderse stalletjie bedryf, kontak ons. Dis dalk net die stalletjie wat die beste vaar by die expo.
 
 
BAIE DANKIE
Japie het lekker by die TOEKAFEES gekuier, almal het na hom gekyk en hy wat baie trots op sy mooi bersie. Tannie Blanche het vir hom nog bersies gebei en nou voel hy sommer baie trots op sy bersies en op die tannies wat so hard werk om blokkies te maak vir BADISA.
 
 
 
Japie rus net so bietjie die week, want hy is al oud en het nou baie gewerk die afgelope week, maar een van die dae gaan hy weer kuier! Julle moet kort-kort kyk, hy sal almal laat weet waar hy gaan kuier.

JAPIE se LEKKER VERASSING!

Tannie Maryke en oom Alex van Alex & Maryke Photography het Japie afgeneem by die Toekafees. Hulle het die fotos op Facebook gesit en nou kan hy dit hier ook wys. Julle kan gaan kyk by Facebook: http://tinyurl.com/AandMPhotos
of hulle epos by  alexmarykephotography@gmail.com as julle met hulle wil gesels.
 

 

Kyk net hoe mooi lyk Japie! Hy het ekstra komberse gekry om hom warm te hou. Hy voel elke dag meer gelukkig!

Julle kan na ander fotos gaan kyk van die uitstalling wat deel vorm van die items wat by
WES-KAAP VETERAAN TREKKER- EN ENJINKLUB
VETERAAN EXPO 2016
5 – 7 Augustus 2016
Môreson Plaas, Malmesbury
op http://tinyurl.com/AandMPhotos. Daar sal later nog fotos wees om na te kyk.
 
Ons is seker julle gaan kom kyk na alles wat daar te sien is en lekker die naweek geniet!
Onhou julle kan nou al by COMPUTICKET kaartjies koop vir die expo. www.computicket.com  en gebruik een van die soekwoorde: Môreson, trekker, enjin, veteraan.
Japie wag vir julle en al die blokkies!


AANDAG!! AANDAG!! AANDAG!!

 

Kyk hoe flink is die vroue, hulle wikkel met die brei- en hekelpenne!!

 

Tannie Lettie van die VLV het vir Japie ‘n lekker verassing gehad, ‘n kniekombersie en blokkies. Kyk hoe mooi is al die kleure. Net soos Japie se Bersie in baie kleure. Japie kan nou amper nie meer wag nie. Die expo is in Augustus en Japie het nou al begin oefen om ekstra mooi te lyk. Hy is seker almal gaan kom kyk hoe mooihy lyk en foto’s van hom en se bersie neem. Onthou net, Japie het nou al op die internet gekyk, maar hy is seker hy is die mooiste trekker in die hele wêreld wat ‘n Bersie het!

 
 
Tannie Lettie het die Bersie oor haar kar se deur gehang. Die bersie het die deur toegemaak! Baie dankie!
 
 

Dan het tannie Matty van der Westhuizen en haar goeie vriendin Estelle Bester ‘n baie groot geskenk vir Japie gegee. Hulle het die mooiste truitjies gebrei, Japie moet net sorg dat die regte kindertjies dit kry sodat hulle lekker warm kan kry die koue dae! Saam met die truitjies het hulle slaapsokkies en blokkies ook gegee.

 
Tannie Matty (regs) en haar vriendin Estelle Burger met van die truitjies wat hulle gebrei het. Hulle gaan nog blokkies ook brei.


Japie is so dankbaar en trots op al die mense wat so hard werk om die blokkies (en ander artikels) te maak vir BADISA om vir die behoeftige mense te gee.

 

Japie hoop om almal van 5 – 7 Augustus op Môreson Plaas, Malmesbury te sien en lekker te gesels!!

 

Japie sien daarna uit om weer op ‘n plaas te kuier, hy het mos as jong trekkertjie op ‘n plaas geleer om te ploeg en baie ure lekker gewerk, om vir die mense te help om kos te produseer. Nou wil hy net mooi lyk, skoon bly en help om minder bevooregtes ook lekker warm te laat kry. Net soos hy ook, nou dat hy oud is, lekker warm kry.

 
 
Japie stuur sy Bersie om te kuier!
 

Japie kon nie self by die Dienssentrum in Kuilsrivier gaan kuier nie, toe maak hy 'n baie lekker plan!! Hy stuur sy Bersie en van die blokkies om vir die mense by die Dienssentrum te gaan wys hoe mooi hulle lyk. Almal was baie opgewonde oor sy mooi Bersie en daar is tannies wat gaan blokkies brei en hekel vir BADISA!!
 


 
 
 
Japie kuier by Jongmense!!
 
Japie in Brackenfell by die jongmense wat tuis skool onderrig ontvang. Hulle het ook blokkies gemaak. Japie is baie opgewonde omdat daar jongmense is wat graag help met blokkies maak.
 



NOG BLOKKIES  - VAN VER AF!!!
Esme se Naaldwerkgroep, van Atlasville, het ook blokkies gestuur - met 'n mooi pakkie net vir Japie. Dis die eerste pakkie wat Japie kry wat deur Shoprite vir hom van ver af gebring het.



Japie raak nou baie opgewonde oor alles, die expo kom nader en die blokkies word net meer en meer en meer. EN Japie hoop daar kom nog baie meer!!
 
 
Kyk! Kyk! Kyk! Kyk! kyk!!!!!!!!!

 Japie is nou so opgewonde, hy hop nou sommer rond.

Tannie Flo Potgieter van Richardsbaai in KZN het vir tannie Mariëtte ‘n e-pos gestuur EN haar gebel. Tannie Flo is besig om BAIE blokkies te hekel, sy sê daar sal so 80 blokkies wees wanneer sy klaar is.  OE OE OE dis sommer lekker baie! Daar sal iets lekker warm met daardie blokkies gemaak kan word, iemand gaan lekker bederf word!

Tannie Flo sê sy sal nie die jaar by die expo kan wees nie, Japie se hartjie is sommer seer, hy wou haar graag ontmoet. Gelukkig het tannie Flo vir tannie Mariëtte gebel en hulle het sommer lekker gesels. Tannie Mariëtte het als vir Japie vertel en toe wil Japie graag self die blokkies gaan haal. Maar, o wee, die pad is baie lank en Japie is al oud! Hy ry te stadig, hy sal nooit in tyd wees vir die expo nie. Nou gaan almal vir Japie help soek na iemand wat vir hom die blokkies kan bring. Dit maak Japie se hartjie bly!

 
Tannie Flo maak sulke mooi blokkies!!
 
 
 
Nog en nog en nog!!
 
Tannie Ester Meintjies van Klerksdorp het BAIE BAIE blokkies gebrei.
 
Oom Marius Ras van ROVIC LEERS het die blokkies vir Japie gebring.
Japie dink dat tannie Ester en oom Marius baie gawe mense is met groot harte wat graag ander mense vir help.
 
Baie dankie!
 
 
 
 
VIR LEKKER WARM KINDERLYFIES!!! 

Tannie Matty van der Westhuizen en haar goeie vriendin Estelle Bester nog 'n baie groot geskenk vir Japie gegee. 
 
23 Truitjies vir kindertjies se koue lyfies! Tannie Matty en tannie Estelle brei baie mooi en lekker warm truitjies. Japie is al amper jaloers, maar gelukkig dink hy sy bersie is nog die mooiste van almal.
 
 
Japie is baie opgewonde, hy is al weer op pad om 'n lekker basaar by te woon.
Saterdag 4 Junie 2016 gaan Japie sy kombers op sy neus sit sodat hy nie te koud kry nie en by die De Eike NG KERK in Kuilsrivier gaan basaar hou.
 
Hy sien baie daarna uit, want hy hoor daar is lekker kos. In die koue raak 'n trekkertjie, veral 'n ou trekkertjie, sommer lekker honger,
 
Japie wens hy sien sommer baie mense daar en dat daar blokkies gaan wees wat hy bymekaar kan maak om by die expo op Môreson Plaas, Malmesbury, 5 - 7 Augustus, vir tannie Anne-Marie van BADISA kan gee. Oe! dit gaan lekker wees!
 
 
 
 JAPIE IS OPGEWONDE!! OPGEWONDE!! OPGEWONDE!!
Die tannies van die Kuilsrivier VLV het vanoggend nog 200 blokkies vir tannie Mariëtte gegee. (Japie wag vir die foto)
 
OE! OE! OE!
Nou raak dit lekker baie blokkies. Allerhande kleure en patrone.
So mooi, baie mooi, verskriklik mooi.
JAPIE IS BAIE DANKBAAR
 
 Julle!!
 
Tannie Hanlie Pretoruis van Pretoria het in die Blitspos van die NH Kerk van 10 Maart gelees van Japie se Bersie. SY HET OOK BLOKKIES GEMAAK! Japie is nou al so opgewonde om al die mooi blokkies te sien, hy spring nou al rond!
 
Japie wil nou al begin dankie sê al is dit te vroeg, maar hy kan dit nie meer hou nie. Al die mense is so gaaf en doen so baie moeite. Japie voel sommer baie gelukkig dat so baie mense gehelp kan word. Julle is almal baie spesiaal met baie mooi liefdevolle harte!
 
Japie raai daar is al omtrent 5000 blokkies en ongeveer 45 van die mooi truitjies
 
DANKIE dankie DANKIE dankie DANKIE
 
o wee!!
 
AMPER IS JAPIE BAIE SIEK!
 
Saterdagoggend het oom Pierre en Johann met Skilpad, die groot Landrover, en die wa waarop Japie kan ry, na oom Johannes se huis toe gery. Hy het Japie gaan haal om na die basaar by De Eike se kerk toe te gaan. Dis mos by die basaar waaroor Japie so opgewonde was.
 
Toe oom Pierre en Johann by oom Johannes se huis stop sien hulle sommer daar is groot probleme. Oom Danie is ook daar en dis net ligte en allerhande goeters waarmee daar aan Japie gewerk word.
 
Japie het nie so lekker gevoel nie. Wanneer hy aangsit word, is sy asem sommer op! Hy het gehoes en geproes. Dan moet hulle weer probeer en weer! Toe besluit oom Danie hy gaan die part wat nie so lekker wil werk nie afhaal en in die werkswinkel gaan regmaak.
 
 Die ooms en Johann en Luhann het vir Japie gestoot tot op die wa! Sommer so met die hand, sonder 'n probleem! Japie het eers baie skaam gekry, maar later was dit nogal lekker.
 
Daarna het oom Pierre, met Japie op die wa, gery tot by die basaar en toe het oom Pierre, Johann en Luhann hom gestoot tot op die plek wat Karel vir hom reggemaak het om te staan en met die mense te gesels.
 
OE! dit was lekker! daar was baie mense wat gesels, gekyk en foto's geneem het. Japie het so saggies gesê hy dink die mense is baie gaaf!
 
Sommer vining is die basaar verby en oom Pierre en Johann het vir Japie weer gaan haal. Hulle het hom weer sommer met die hand op die wa gestoot en toe na oom Johannes se werkswinkel toe geneem. Daar het oom Danie weer die part opgesit en Japie was so bly hy is weer re, hy het tog te lekker na oom Johannes se huis toe terug gery.
 
Japie was amper baie siek, want hy het nie onder sy Bersie geslaap nie. Hy het net weer besef hoe belnagrik dit is dat ou trekkerstjies en mense warm moet slaap en warm klere moet hê!
 
Japie vra weer baie mooi asseblief!!! bring tog blokkies dat die tannie van BADISA lekker warm komberse en klere kan laat maak vir almal wat nie het nie.
 
 
Japie kom by De Eike aan, almal help vir Japie!
 
Japie word tot op die regte plek gestoot.
 
Met sy Bersie aan het Japie sommer gou weer spoggerig gevoel!


Die kinders was baie opgewonde oor Japie

Japie, op pad terug na oom Johannes. Skilpad ry tog te lekker met Japie op die wa.
 
JAPIE SE GROOT VERASSING!
 
Verlede week, Vrydag 17 Junie het tannie Mariëtte 'n sms gekry dat daar vir haar 'n pakkie by die PostNet in Kuilsrivier is. Sy was baie nuuskierig en het gou gery om die pakkie te gaan haal.
Sy was baie verbaas, want die pakkie was nie vir haar nie!
DIE PAKKIE WAS VIR JAPIE!!
Tannie Hanlie van Waverley in Pretoria het vir Japie blokkies gebrei en dit al die pad na hom toe gestuur! Japie is so opgewonde hy is sommer aan die rond hop.
Kyk net hoe mooi lyk die blokkies met al die verskillende patrone
 
 
DIE TYD RAAK MIN!
 
JAPIE is nou so opgewonde want daar is baie mense wat weet van die blokkies wat hy bymekaar maak. Die tydjie raak nou min, want een van die dae is dit die expo en dan gaan Japie die blokkies vir tannie Anne-Marie van BADISA gee. So, julle sal almal moet brei en hekel. Julle kan die blokkies na die expo toe bring en daar vir hom gee. Dan kan julle kyk hoe die ander ou trekkers ook lyk, maar Japie dink hy is die mooiste van almal WANT HY HET 'N KOMBERS WAT MET LIEFDE GEMAAK IS!!! Julle kan ook mooi foto's neem wanneer julle vir Japie 'n drukkie gee.
 
 
 DIE GROOT BESLUIT
 
Japie is weer genooi om by Brackenfell Biblioteek vir die besoekers te kom vertel van die Blokkies vir Badisa en vir almal sy mooi bersie te wys.
Japie is baie besig om homself ektra mooi te maak vir die expo op Môreson Plaas. Daarom het hy besluit om net sy bersie en die inligting na die biblioteek te stuur.
 
Almal is welkom om te gaan kyk en om blokkies te wat so baie harte en lyfies gaan help warm maak, te bing. Kom kyk ook wat alles beplan word met die expo.
 
 Japie is baie senuweeagtig, want hy weet nie wat al sy ander ou trekker-maters by die expo gaan aanvang nie. Party van hulle is baie gewillig om vir die mense te wys hoe hulle werk, maar ander is mos maar bietjie senuagtig en wil nie so lekker saamwerk sodat die mense kan sien wat hulle kan doen nie. Japie is so bang hy gaan baie skaam kry!
 
Japie is regtig seker dat op ou einde gaan almal dit weer geniet, net soos elke keer met die veteraan expo's. O JA! Daar is baie lekker kos ook, Japie is lus vir die braaivleis, pannekoek, jaffels, koek en nog baie ander eetgoed!
 
Kom kyk by Brackenfell Biblioteek! Dis 'n lekker plek daardie!
 
 



Japie het baie gesukkel, jy kan nie regtig so lekker regkom met nuwe tegnologie nie. Hy het sy beste prober en het spesiaal die twee fotos gestuur om vir almal te wys dat sy Bersie nou by die Brackenfell Biblioteek is.
 
 
ONTHOU OM VIR JAPIE TE GAAN KUIER BY DIE VETERAAN EXPO OP MôRESON PLAAS. LEES BY DIE EXPO SE BLAD OP DIE BLOG AL DIE NUUS.
GAAN KOOP SOLANK DIE TOEGANGSKAARTJIE BY COMPUTICKET (skakel op die expo se blad) EN MAAK SEKER JY IS DEEL VAN DIE PRET.




Japie is nou baie bekend!

Dankie TygerBurger!

Almal lees van Japie!

Japie wag vir almal by die expo!

5 – 7 Augustus 2016
Môreson Plaas
MALMESBURY
 
Kom kyk self.

Jy sal nie kan glo wat alles daar gebeur het as iemand anders dit vir jou vertel nie!
 


Nog ! Nog ! Nog !

Japie het weer so 'n groot verassing gehad! Tannie Estelle Gouws van die Diensstentrum in Kuislrivier het vir tannie Mariëtte gebel. Sy het gevra tannie Mariëtte moet asseblief die blokkies kom wat die diensstentrum en die AGS tehuis in Kuilsrivier se dames gebrei en gehekel het, vir die Bersies.

OE! Tannie Mariëtte was baie verbaas, daar was sommer BAIE blokkies!! Meer as 200!! Japie kan nie lekker so ver tel nie, maar hy glo dit sal lekker warm bersies maak.

Julle moet mooi kyk, dis baie mooi blokkies, net soos al die ander wat Japie al ontvang het.

Julle! Dis 'n hele berg vol blokkies wat nou al geskenk is deur baie mense met harte van goud. Daar is al meer as 5000 blokkies en daar is nog blokkies aan die kom!

Onthou julle kan nog blokkies vir Japie bring by die expo. Tannie Anne-Marie van BADISA en van die ander mense van BADISA gaan daar wees om al die blokkies te ontvang!

Kom kyk sommer hoe lyk al Japie se maatjies!

Veteraan Expo
5 - 7 Augustus 2016
Môreson Plaas
MALMESBURY

Julle kan dit nie mis nie, dis die lekkerste kuier die jaar in die Wes-Kaap!
Kyk op die blad oor die expo vir meer inligting!


Japie kan nie anders nie
hy MOET nou begin DANKIE sê!
Hy onthou nog dat die eerste keer wat die vriendelike tannies en ooms van hom gehoor het, was op RSG. Toe skryf hy aan tannie Martelize en oom Ignatius:

Dagsê Oom Ignatius en tannie Martelize
 My naam is Japie. Dis van my wat tannie Anne-Marie en tannie Mariëtte vir almal vertel het op die radio. Dit was al in die begin van die jaar. Dis toe hulle met tannie Martelize gesels het. Oor my Bersie en die blokkies en die behoeftige mense wat so koud kry.
Ek wil net baie dankie sê dat julle die tannies laat gesels het op die radio. Tannie Anne-Marie het vertel dat hulle telefoonlyne aanmekaar gelui het en tannie Mariëtte het ook baie op haar foon gepraat. Alles van blokkies en steke en wol en penne. Ek het nie alles verstaan nie, maar ek is so gelukkig nou, dat ek nie eens meer omgee om te probeer uitvind waarvan hulle alles gepraat het nie.
Van die dag wat hulle so op die radio gesels het tot vandag toe, het ek al klompe baie blokkies gekry. Dit is amper genoeg om ‘n klein bergie te maak. Ek dnk daar is nou al meer as 5000, maar ek kan nie verder as dit tel nie, so tannie Anne-Marie sal seker die blokkies kan tel. Sy is baie slim. Ek kan net mooi lyk, nou nadat oom Johannes my so mooi reggemaak het.
Daar was twee tannies wat truirjies gebrei het, ‘n tannie wat mussies gebrei het en nog tannies wat kniekombersies gemaak het. Alles vir die behoeftiges! Dis baie wonderlike lekker.
Ek het baie rondegekuier en vir die mense van my Bersie vertel. Die bersies wat tannie Mariëtte en tannie Blanché gebrei en gehekel het vir hulle gewys. Ook het ek die mense gevra om blokkies te maak vir BADISA, sodat hulle kan help dat die minderbevoorregte mense ook bersies kan kry en nie so koud kry nie.
Daar was tannies van oor die hele land wat blokkies gestuur het. Ek dink dis baie gaaf, want al was hulle baie ver weg, het hulle nog steeds omgegee vir die mense hier wat koud kry. Ek kan nie sover ry nie, so daar was nog meer gawe mense wat die blokkies vir my gebring het.
Oom Johan Rademan was ook daar toe die tannies op die radio gesels het, maar hy het nie op die radio gepraat oor my bersie nie. Ek wil net graag vra of almal asseblief vir my kan kom kuier by die expo op Môreson, 5 – 7 Augustus, dan gaan ek mos die blokkies aan tannie Anne-Marie gee. Sy gaan so bly wees, sy sal sommer rondomtalie draai!
Ek wil assblief net weer dankie sê vir almal se liefde en omgee.
Groete
Japie
 



 Dis my prentjie

 


Toe sê tannie Martelize dit pragtig en baie dankie!!!!
(Sy is sommer baie mooi!)
 
*****Japie wil net gou vir almal wat in die omgewing van die Brackenfell Biblioteek is sê, julle moet gou maak as julle na sy Bersie wil gaan kyk. Hy gaan tannie Mariëtte stuur om sy Bersie volgende week te gaan haal om mooi te maak vir die expo.

******Baie dankie aan die tannies by Brackenfell Biblioteek dat hulle vir hom en sy bersie genooi het om by hulle te kuier. Japie het dit baie geniet.
******Baie dankie ook aan die tannies en jong dames wat vir Japie blokkies by die biblioteek glos het. Dis alles ingepak en gaan saam expo toe sodat tannie Anne-Marie dit kan kry vir Bersies.

Japie is lief vir julle almal!
 
HIER KOM GROOT NUUS!

Japie was by die expo op Môreson Plaas, daar het hy in die groot saal gestaan en na alles en almal daar gekyk.

Dit was baie lekker om al die mense te sien en alles te hoor wat hulle van hom sê. Hy het niks gesê nie, maar alles verstaan wat almal van hom gesê het. Baie mense het aan hom en sy Bersie kom vat, maar hy het nie omgegee nie.

Japie het nog blokkies daar gekry en saam met die ander blokkies, wat Pa Johannes vir hom gebêre het, vir tannie Anne-Marie van BADISA gegee.

Japie is net besig om al die fotos bymekaar te maak, maar hier is solank 'n lusmaker vir dit wat voorlê.



Japie was baie opgewonde!
Hy het in die saal onder sy kombers geslaap.
Dit was so lekker warm!


 
 

Japie gaan miskien volgende jaar weer rondry om vir behoeftige mense te help.
Japie sal almal laat weet.
Japie gaan nou eers planne maak en rondkyk wie hy almal kan help.

Baie dankie aan al die mense wat vir Japie gehelp het. Almal wat gebrei en gehekel het, wat blokkies aangery het, wat wol geskenk het, wat Japie se storie vertel het aan die publiek en nog so baie ander dinge waar almal so gewilleig was om te help.

Elke kombers met liefde gegee.

 

No comments:

Post a Comment