Thursday, June 16, 2016

Wikkel en werk
 
Mooimaak sessies vir Veteraan Expo 2016
 
Die klublede van Tafelberg Erfgoed Versamelaars is hard aan die werk om die veteraan trekkers  en enjins vir die expo op Môreson Plaas reg te kry.
 
Elke stukkie handewerk word met liefde gedoen en getrou aan 'n restoureerder se aard - so na aan moontlik aan die oorpronklike toestand.
 
Francois van Rooyen het 'n geraamte van 'n CASE trekker met 'n ietsie meer en baie roes by Pierre Krige gekry.
 
Met baie sorg is die stukkende en geroeste trekker geneem en weer herstel. Die foto's vertel self die storie.
 

 
Die trekker het lank buite onder 'n boom gestaan, nadat hy die eerste keer gered is
Pierre Krige gaan haal die trekker by Tinkie Conradie, in Worchester
 
 
Die trekker word nog 'n paar jaar gestoor, hierdie keer in 'n toe stoor
Pierre Krige gee die trekker vir Francois van Rooyen
 
 
 
Die 'nuwe' veteraan.
Dis soos baie harde en lang ure se werk lyk!!
 
 
 

No comments:

Post a Comment