MERK IN ROOI IN JOU DAGBOEK EN MAAK JOU GELIEFDES BYMEKAAR!!
Hierdie jaar se Expo:
Hierdie jaar se Expo:
o Die trekkers, enjins en motors word aan
die publiek bekend gestel deur middel van uitstallings en in sekere gevalle
demonstrasies hoe dit werk. Byvoorbeeld daar is spesiale maniere waarop van die
trekker en enjins aan die gang gesit word, van die trekkers het twee enjins,
waar die een (klein) enjin gebruik word as aansitter om die tweede (groot)
enjin te laat werk, die rathefboom word gebruik om die trekker aan die gang te
sit ens. Enjins het ook verskeie maniere van aansit, dit word ook gewys,
slingers is maar een voorbeeld. Verder is daar motors van alle ouderdomme, ons
het nie net ou of veteraan motors nie, daar is nuwe motors ook te sien,
spesiaal vir die gesinslede wat van nuwe dinge hou.
o Binneshuise uitstallings sal insluit ou
kombuisapparaat en naaldwerk, kom onthou hoe ons almal comics gelees het, raak
nostalgies oor die lekker tye in die huis en op die werf.
o Millitaria: Nie net die gebruiksartikels
van die manne in uniform nie, maar ook spesiale kentekens, klere en ander
militêre toerusting wat gebruik is. Voertuie wat millitêre diens gedoen het wat
baie mooi oorspronklik reggemaak en restoureer is, word ook uitgestal.
o Die Kanonvereeniging gaan
inligtingsessies hou om aan die publiek te verduidelik hoe die ou kanonnne
gewerk het en nog baie ander interresante dinge om te leer en te ondervind op
die terrein. Ons het spesiaal plek vir die kinders om te speel, goed wat die
jeug se aandag kan trek en hulle besig hou. Lekker kuirtyd vir die hele gesin,
ouderdomme van 1 -100.
o Stalletjies met lekker kos, van vetkoek,
pannekoek, boereworsrolle en lekker koue roomys en koeldrank. Kom kyk hoe
koeksisters gebak word, hoe werk spin en weef, en ‘n masjien wat lekker
pannekoek bak. Warm koffie of tee, biertuin waar jy lekker kan craft bier drink
en ontspan.
o Tye Saterdag 21 September 2019, vanaf
08:00 tot 18:00
o Toegang: Volwassenes: R 50 elk, skoliere
R 10 elk.
Vir enige vrae, kontakbesonderhede:
Linda 083 683 1858 (of 021 883 2924)
Mariëtte 082 670 7637 (of 021 903 0306)
Jy is welkom om te bel of WhatsApp.
Jy is welkom om te bel of WhatsApp.
Kom en geniet die dag saam met ons, maak seker die hele gesin kom saam, dis die lekkerste tyd om herinneringe te bou.
BAIE SPESIAAL!
Saterdag is Internasionale Spin in die Openbaar dag. Die dames gaan kom demonstreer hoe met verskeie soorte wol gespin word, so vanaf 11:45.
Maak seker jy is daar!!