Tuesday, June 27, 2017

Japie gaan kuier in Villiersdorp by die Veterane se Expo

EXPO TYD!!
11 en 12 Augustus 2017


Toegang: R50 per volwassene
R 10 per kind
Plek: Skougronde op Villiersdorp
GPS: -33.994198, 19.295795
Adres: Klein hekkie - Caledonstraat
of Groot hek - reguit af tot onder in Van Riebeeckstraat, regs
Hekke open: 08:00 Vrydag en Saterdag

Kom kyk!
Ietsie vir almal van alle ouderdomme
Verskeie stalletjies
Dis 'n skou vir die hele gesin

'n LEKKER program vir almal om so bietjie lus te raak vir die kuiergeleentheid van die jaar!



Dis waar Japie vir almal wag!

In die bliksaal
- die oudste saal op die terrein en dalk nog die dorp

Japie is baie besig.
 
Japie maak reg.
 
Japie tof himself op.
 
Japie laat oom Johannes sommer hard werk.
 
Japie wil alles reg hê vir die expo.
 
Japie is seker hy gaan die mooiste trekker met 'n bersie wees by die expo.
 
Julle moet kom kyk! Op die skougronde, daar is baie om te kyk en te doen. Baie kos om te eet en baie mense om mee te gesels. MAAR Japie is ook daar en hy is BAIE BELANGRIK!
 
Japie gaan in die Klein Erfgoed saal staan, met sy bersie en krat om aan almal sy storie te vertel en om vir Kos vir Kinders te help. Dit doen Japie met groot liefde en baie opgewondenheid.

 
 
Japie wil net sê, hy dink hy is die enigste veteraan trekker met 'n kombers. Dan is dit nog so 'n mooi kombers ook. Jy moet kom, dan neem jy van jou en jou geliefdes 'n foto by Japie. Hy hou van die fotosessies. Japie dink hy is baie fotogenies, veral as die mense by hom staan om afgeneem te word.
 
Japie vra mooi dat almal wat kan, ietsie sal bring om die kinders wat so baie hulp nodig het, te help. Hy weet sommer die mense gaan graag help. Kos, klere en skoolbenodighede is baie welkom. Maar sommer enige iets wat die kinders kan help is welkom.
 
Julle moet mooi kyk, hier kom nog baie inligting oor Japie wat regmaak vir die expo.
 
Japie sê almal moet mooi na hulle self kyk, nie verkoue kry nie en lekker warm aantrek. Hy sal graag almal ontmoet by die expo. Hy wil nie hê dat mense siek moet word en koud kry nie.
 
 
 GROOT NUUS!!  BELANGRIKE NUUS!!
 
Japie is reeds in Villiersdorp!!
 
Hy het gaan kyk dat al die ander veteraan trekkers wat reeds daar is hulle mooi maak vir die expo.
 
Oom Johannes het laat weet dat Japie reg is vir die expo, als gaan goed en hy lyk baie mooi. Almal kan kom kyk en hom kom groet. Hy sal geduldig wag vir al die mense waarvoor hy so lief is.
 
JAPIE IS SOOOOOOOOO OPGEWONDE
JAPIE KAN DIT AMPER NIE MEER HOU NIE, HY GAAN SOMMER SOLANK OP SY EIE PROBEER OM AL DIT STOF VAN HOM AF TE HOU, OOM DANIE SE LAPPIE IS DALK NIE NODIG NIE!
 
Japie wag vir fotos van ander veteraan trekkers, enjins en Klein Erfgoed om op die blog te sit. Julle moet mooi kyk!
 
Japie het besluit om solank sy foto op te sit, sodat almal kan sien hoe mooi hy gaan lyk by die expo.
 
 
 Spesiaal mooi gemaak vir almal om te kom fotos neem. Julle moet onthou om mooi aan te trek, dan lyk almal mooi op die foto saam met Japie!

 
  Hou dop, Japie het 'n groot present gekry. Hy het 'n foto laat neem en gaan alles later hier vertel.