Tuesday, September 10, 2019


MERK IN ROOI IN JOU DAGBOEK EN MAAK JOU GELIEFDES BYMEKAAR!!

Hierdie jaar se Expo:
o   Die trekkers, enjins en motors word aan die publiek bekend gestel deur middel van uitstallings en in sekere gevalle demonstrasies hoe dit werk. Byvoorbeeld daar is spesiale maniere waarop van die trekker en enjins aan die gang gesit word, van die trekkers het twee enjins, waar die een (klein) enjin gebruik word as aansitter om die tweede (groot) enjin te laat werk, die rathefboom word gebruik om die trekker aan die gang te sit ens. Enjins het ook verskeie maniere van aansit, dit word ook gewys, slingers is maar een voorbeeld. Verder is daar motors van alle ouderdomme, ons het nie net ou of veteraan motors nie, daar is nuwe motors ook te sien, spesiaal vir die gesinslede wat van nuwe dinge hou.
o   Binneshuise uitstallings sal insluit ou kombuisapparaat en naaldwerk, kom onthou hoe ons almal comics gelees het, raak nostalgies oor die lekker tye in die huis en op die werf.
o   Millitaria: Nie net die gebruiksartikels van die manne in uniform nie, maar ook spesiale kentekens, klere en ander militêre toerusting wat gebruik is. Voertuie wat millitêre diens gedoen het wat baie mooi oorspronklik reggemaak en restoureer is, word ook uitgestal.
o   Die Kanonvereeniging gaan inligtingsessies hou om aan die publiek te verduidelik hoe die ou kanonnne gewerk het en nog baie ander interresante dinge om te leer en te ondervind op die terrein. Ons het spesiaal plek vir die kinders om te speel, goed wat die jeug se aandag kan trek en hulle besig hou. Lekker kuirtyd vir die hele gesin, ouderdomme van 1 -100.  
o   Stalletjies met lekker kos, van vetkoek, pannekoek, boereworsrolle en lekker koue roomys en koeldrank. Kom kyk hoe koeksisters gebak word, hoe werk spin en weef, en ‘n masjien wat lekker pannekoek bak. Warm koffie of tee, biertuin waar jy lekker kan craft bier drink en ontspan.
o   Tye Saterdag 21 September 2019, vanaf 08:00 tot 18:00
o   Toegang: Volwassenes: R 50 elk, skoliere R 10 elk.

Vir enige vrae, kontakbesonderhede:
Linda 083 683 1858 (of 021 883 2924)
Mariëtte 082 670 7637 (of 021 903 0306)
Jy is welkom om te bel of WhatsApp.

Kom en geniet die dag saam met ons, maak seker die hele gesin kom saam, dis die lekkerste tyd om herinneringe te bou.


BAIE SPESIAAL! 
Saterdag is Internasionale Spin in die Openbaar dag. Die dames gaan kom demonstreer hoe met verskeie soorte wol gespin word, so vanaf 11:45.
Maak seker jy is daar!!


Sunday, August 18, 2019

Aan alle Veteraan liefhebbers!

Kyk mooi en beplan mooi!

Veteraan Expo 2019
Southey Vines
Somerset Wes
21 September 2019

Hier kom groot dinge!
Merk die datum in ROOI in jou dagboek
Die veterane wag.

Veterane Expo @Southey Vines, Somerset Wes 21 September 2019

Kom herleef die "LEKKER OU DAE" saam met Tafelberg Erfenis Versamelaars op 21 September 2019. Bring jou familie,vriende en sommer jou troetel diere ook saam!